Daggavonds: Bestuurder voor

‘n Vragmotorbestuurder wat dagga ter waarde van R2 miljoen vervoer het en wat by die Nakop-grenspos in die Noord-Kaap in hegtenis geneem is, sal na verwagting vandag in die Upington Landdroshof verskyn.

Polisiewoordvoerder Sergio Kock sê die 35-jarige Gift Mangumta sal na verwagting vandag amptelik om borgtog aansoek doen.

Mangumta is in hegtenis geneem nadat operasionale polisie sy vragmotor by die grenspos deursoek en 400 kg dagga gevind het.

Die dagga was weggesteek in vier splinternuwe dubbelkajuit-bakkies wat op die vragmotor gelaai was.

Kock sê Mangumta staar aanklagte van daggahandel in die gesig.

Die vragmotor was van Suid-Afrika na Namibië onderweg.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.