Tweede nag van geweld in Charlotte, NC oor swart ‘boekleser’

Deel op

Geweld het vir ‘n tweede nag die Amerikaanse stad Charlotte ontsier nadat swart inwoners die strate ingevaar het.

Hulle is ontstoke omdat ‘n swart man deur die polisie doodgeskiet is. Hulle beweer hy was besig om ‘n boek te lees toe hy in koele bloede doodgeskiet is, maar getuies vertel ‘n ander storie.

Een persoon is geskiet tydens die protesoptrede en is in ‘n kritieke toestand. Volgens die polisie is die persoon deur ‘n burgerlike geskiet, en nie deur die polisie nie.

Onluspolisie het traanrook gebruik om die tierende horde swart oproeriges uiteen te jaag. Hulle moes ook skokgranate gebruik nadat betogers hulle met vuurwerke bestook het.

BLM-aktiviste sê die polisie en “witheid” is verantwoordelik vir die geweld na die dood van ‘n “onskuldige” swart “boekleser”.

Die 43-jarige Keith Lamont Scott is Dinsdagaand deur ‘n swart polisiebeampte doodgeskiet.

Sestien polisiebeamptes is tydens die eerste nag van oproer beseer en een is ook in die gesig met ‘n klip getref, het amptenare gesê.

Verslae is vroeg Woensdag ontvang van motoriste wat op die Interstate 85 aangeval is en hul voertuie beskadig is toe betogers klippe, bottels en verkeerskeëls vanaf brûe gegooi het.

Swart betogers het die Time Warner Cable Arena, die tuiste van die NBA se Charlotte Hornets, geplunder. Hulle het ook die NASCAR Hall of Fame, ‘n Buffalo Wild Wings en ‘n Westin leeggedra, volgens die Charlotte Observer.

Charlotte se burgemeester Jennifer Roberts het ‘n Woensdag by ‘n perskonferensie gevra dat die gemeenskap kalm moet bly en moet wag vir die feite voor hulle haastige gevolgtrekkings maak.

Haar kommentaar kom net ‘n uur voor ‘n aktivistegroep sy eie nuuskonferensie gehou het om die swart gemeenskap oor te haal tot ‘n ekonomiese boikot van wit besighede in Charlotte.

‘n CNN-verslaggewer Ed Lavandera is neergevel deur ‘n oproerige terwyl hy besig was met lewendige verslagdoening.

Charlotte-Mecklenburg se polisiehoof Kerr Putney het gesê beamptes wat Scott genader het, het nie ‘n boek gevind op die toneel van die skietery nie, in teenstelling met wat sosiale media beweer.

Hulle het wel ‘n wapen op die toneel gevind. “Ons het ‘n wapen gevind. Die wapen was daar en getuies het dit bevestig, en meer [getuies] as net die beamptes.”

Maar die bewerings op sosiale media dat Scott besig was om ‘n boek te lees toe hy doodgeskiet is, is egter binne enkele ure meer as ‘n halfmiljoen keer gedeel.

Die swart inwoners het daarna uitgevaar op ‘n plundertog na Walmart op Noord Tryon Street omstreeks 03:30.

Drie of meer vragmotors is gestop en geplunder op die Interstate 85, en brande is gestig om die pad af te sper.

Slegs een persoon is tot dusver in hegtenis geneem, het die polisie gesê.

Die polisie het gesê hulle was op soek na iemand weens ‘n uitstaande lasbrief toe hulle sien Scott verlaat sy motor met ‘n geweer.

Beamptes het Scott genader waarna hy ‘n “dodelike bedreiging vir die beamptes” geword het toe hy die wapen op hulle gerig het, volgens die polisieverklaring.

Openbare rekords toon dat Scott skuldig bevind is in April 2004 aan ‘n misdryf van aanranding met ‘n dodelike wapen. Ander aanklagte sluit aanranding op ‘n kind onder 12 in, aanranding op ‘n vrou en doodsdreigemente.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.