Polisie monitor steeds situasie in Langa

Die polisie het die situasie in Langa op die Kaapse Vlakte deur die nag gemonitor.

Dit volg na gewelddadige betogings in die gebied waarin die poskantoor aan die brand gesteek en winkels geplunder is.

Die polisie het 40 mense op aanklagte van openbare geweld in hegtenis geneem. Inwoners eis nou dat hulle vrygelaat word.

Sowat 30 polisievoertuie en ‘n polisiehelikopter is gebruik om die betogers uiteen te jaag.

Die burgemeesterskomiteelid vir veiligheid en sekuriteit, JP Smith, sê daar was ook ‘n poging om ‘n trein aan die brand te steek.

Brandende buitebande is op die spoorlyn gelaat en een van die sinjaalkaste is uitgebrand.

Die inwoners het ook polisievoertuie en motors onder die klippe gesteek. Een oproerige is met ‘n petrolbom vasgetrek.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.