Kenia en Somalië takel mekaar in oliegrensdispuut

Deel op

Kenia het Somalië Maandag betig omdat die land Kenia voor die Verenigde Nasies se hoogste hof gesleep het om ‘n maritieme grensdispuut te verdedig.

Die finale beslissing kan ‘n groot invloed op die potensieel uiters winsgewende olie- en gasreserwes van die Indiese Oseaan hê.

Mogadishu se saak teen Nairobi voor die VN-hof is ‘n poging om die seegrens te verskuif en indien dit slaag, sal dit minstens drie van Kenia se aflandige olieblokke beïnvloed.

Somalië sê op sy beurt onderhandelinge kon nie daarin slaag om ‘n oplossing in hierdie bitter dispuut te vind nie, wat ‘n betekenisvolle impak op ‘n nuwe inkomstebron vir een van die twee Oos-Afrika-lande kan hê.

Somalië se beskuldigings is in kwade trou en is “net so absurd as wat dit pynigend is,” het Kenia se prokureur-generaal, Githu Muigai, aan regters in Den Haag gesê. Die hof is in 1946 tot stand gebring om geskille tussen lande te besleg.

“Somalië wil die hof laat glo dat gedurende al daardie jare, Kenia saamgesweer het om voordeel uit ‘n buurland te trek deur sy see en olie te steel,” het hy gesê.

Die sleutelpunt van die dispuut is hoe om ‘n seegrens te trek, het AFP berig.

Somalië, wat noord van Kenia geleë is, wil hê die grens moet in ”n suidelike rigting ‘n verlenging van sy landsgrens wees.

Kenia wil egter hê dit moet ‘n reguit lyn oos, parallel aan die breedtegraad wees wat dit groter seegebied sal gee.

Kenia sê hy oefen sedert 1979, toe die land se eksklusiewe ekonomiese sone afgekondig is, onbetwiste jurisdiksie oor die gebied uit.

Die land voer aan dat voorheen met Mogadishu ooreengekom is om die dispuut deur middel van onderhandelinge en nie regstappe nie, op te los.

Hierbenewens was Nairobi “’n vriend” van Mogadishu en help in die stryd teen die djihadistiese Al-Sjabaab groep, met honderde Keniaanse soldate en burgerlikes wat reeds met hul lewens geboet het, het Muigai gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.