Die drie swart mans wat aangekla word van poging tot moord op Charl Gutter in Brandfort verlede maand, sal na verwagting vandag weer in die hof verskyn.
Teboho Francis, Tefo Tlhabo en Tsietsi Rampa is by hulle vorige hofverskyning borgtog geweier.
Die vermeende aanvallers staar aanklagte van poging tot moord en poging tot roof in die gesig.
Die aanval het die 29ste Augustus plaasgevind, toe Gutter na bewering deur vier mans op sy plaas genader en aangeval is.
Skote is afgevuur op Gutter in sy voertuig, maar hy het daarin geslaag om te ontsnap.
Hy het teruggeskiet en het een van die aanvallers gewond. Die gewonde aanvaller, Saniboy Segalo is onderweg na die hospitaal dood.