Heidelbergpad lank gesluit na vragmotors bots

Deel op

Die R549 tussen Deneysville in die Vrystaat en Heidelberg in Gauteng is vanoggend eers heropen ná ‘n botsing tussen twee vragmotors Dinsdagaand.

Polisiewoordvoerder, Livhuhani Hani, sê die bestuurder van die aankomende vragmotor en ‘n passasier is op die toneel dood.

‘n Wa wat deur ‘n vragmotor getrek is, het vermoedelik losgekom en daartoe gelei dat die bestuurder beheer oor die vragmotor verloor het.

Dié vragmotor het daarna met ‘n aankomende vragmotor gebots. ER24 se woordvoerder Russel Meiring sê met paramedici se aankoms op die toneel was die wragstukke van die twee vragmotors en ‘n sleepwa in die pad.

Hy sê was ‘n man vasgekeer in ‘n wrakstuk, terwyl nog ‘n man buite gelê het. Die twee was reeds dood.

Hani sê owerhede was tot vanoggend besig om die toneel op te ruim sedert die ongeluk omstreeks 20:20 plaasgevind het. ‘n Deel van die R549 sowat 2km van Deneysville was vir verkeer gesluit maar dit is weer vroeg vanoggend heropen.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.