SABC se bedryfshoof daag op vir werk

Deel op

Die voorsitter van die parlementêre oorsigkomitee vir kommunikasie, Humphrey Maxhegwana sê hy sal die SABC eers kans gee om op te tree teen die uitsaaier se bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng.

Motsoeneng sal dus as ‘n gewone werknemer vir werk aanmeld ten spyte daarvan dat die hof bevind het dat sy aanstelling as hoofbedryfsbeampte ongeldig is, en dit ter syde gestel het.

Maxhegwana sê hulle eerbiedig die hofbevel, maar die SABC se raad is in beheer en moet eers ‘n besluit neem.

Motsoeneng gaan daarom nie sy kantoor ontruim nadat die Appèlhof in Bloemfontein sy aansoek om verlof tot appél teen ‘n beslissing van die Wes-Kaapse Hooggeregshof met koste van die hand gewys het nie.

Die Appèlhof het beslis dat sy appèl nie ‘n kans op sukses het nie.

Volgens sy regsverteenwoordiger, Zola Majavu is Motsoeneng egter steeds ‘n voltydse werknemer van die openbare uitsaaier.

‘n SABC-woordvoerder Kaiser Kganyago, sê die uitspraak sal bestudeer word voordat hulle daarop kommentaar kan lewer aangesien die “hele uitsaaier” deur die beslissing geraak word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.