Oproeriges versper Wits-ingang na landwye fooieprotes hervat

‘n Groot groep swart oproeriges versper die hoofingang na die Universiteit van die Witwatersrand se kampus in Braamfontein in Johannesburg.

Witsstudente (foto) het Maandag by ‘n massavergadering besluit om vanoggend met protesoptrede voort te gaan.

‘n Privaat veiligheidsdiens is aangestel om te verhoed dat die oproeriges motors aanval wat by die universiteit wil ingaan. Die polisie is ook in groot getalle op die kampus ontplooi.

Dit volg na die minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande se aankondiging Maandag dat universiteite self mag besluit oor ‘n verhoging in klasgelde.

Nzimande het ook aangekondig dat klasgelde nie verhoog sal word vir studente wat onder die NSFAS-hulpplan studeer nie.

Die verhoging vir betalende studente mag egter nie agt persent oorskry nie.

Die president van die studenteraad op die Noordwes Universiteit se Mahikeng kampus, Dikago Pule sê hulle verwerp Nzimande se aankondiging. Pule sê hulle vergader vandag en sal daarna besluit of hulle gaan betoog of nie.

Studente by die Universiteit van Kaapstad het Maandag by die Jameson-gedenksaal byeengekom, en sê hulle verwerp ook enige verhoging in klasgelde.

Studente-organisasies by die Universiteit van Pretoria maak ook reg om geweld te pleeg en die instelling te ontwrig.

Swart oproeriges het Maandag op die banke van ‘n lesingsaal in die Thuto-gebou gedans en gedreunsing en wit en swart studente uit die lokaal verjaag waar hulle moes toets skryf.

Hulle eis dat die universiteit gesluit moet word na Nzimande se aankondiging.

‘n Lid van die EFF se studente-organsisasie, Kabelo Mahlobogwane kla dat swart studente verdeeld is oor die kwessie.

‘n Groep studente aan die Universiteit van die Vrystaat (UV) gaan nie terugstaan en toelaat dat hulle eise vir gratis onderrig ondermyn word nie.

Dieselfde groep beskou Blade Nzimande se aankondiging van ‘n 8% verhoging op aanstaande jaar se studiegeld as ‘n belediging van die #FeesMustFall inisiatief verlede jaar.

Die leiers van die protesaksie aan die UV sê studente het onderneem om deel te neem aan ‘n “vreedsame” opskorting van alle bedrywighede aan die UV en om geen eiendom te beskadig nie.

Die voormalige Openbare Beskermer, Thuli Madonsela hits die onlusmakers intussen aan. Haar dogter is ‘n lid van die EFF.

Sy sê tersiêre instellings word steeds aan “maatskaplike ongeregtighede” blootgestel.

Madonsela het by `n lesing op die Mahikeng-kampus van die Universiteit van Noordwes op Nzimande se aankondiging oor die verhoging in klasgelde reageer. Sy sê die regering het nie in die land se onderwysstelsel “belê” nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.