Boerehaatjoernalis Allister Sparks sterf

Die Boerhaatjoernalis en voormalige redakteur van die Rand Daily Mail, Allister Sparks (83) is oorlede volgens ‘n verklaring wat sy seun Michael gister uitgereik het. Sparks het na afloop van die Dakarkonferensie
met die ANC in 1987 gesê dat “dit jammer is dat die Britse weermag nie al die Afrikaners in 1902 doodgemaak het nie”.

Gedurende sy loopbaan was Sparks ‘n verbete kampvegter vir ANC-oorname en het hy ook ‘n groot invloed op die voormalige DA-leier, Helen Zille, uitgeoefen. Zille het gister getwiet:

Michael Sparks, wat self in die buiteland woon, sê in sy verklaring dat sy pa oor die afgelope 12 dae in die Morningside-hospitaal was omdat hy ‘n infeksie opgedoen het. “Dit het die laaste paar dae gelyk of hy die infeksie begin oorkom, maar die ou soldaat se liggaam kon nie meer nie.” Sparks het nog drie ander seuns ook gehad: Simon, Andrew en Julian.

Gegewe sy haat vir Afrikaners, het Sparks as parlementêre verslaggewer vir die Rand Daily Mail destyds ‘n besondere renons in dr. Hendrik Verwoerd gehad. Hy het hom geminag en sy toesprake in die parlement as “preke” afgemaak:

“Sy toesprake in die parlement was lank en ingewikkeld, twee uur lange voordragte wat meesal in Afrikaans gelewer is, waarna sy ondersteuners met stille eerbied geluister het. Dit was asof hy die tafels van politieke waarheid van Berg Sinaï af gaan haal het,” het Sparks sarkasties oor Verwoerd gesê.

Tydens die Sharpeville-onluste toe ‘n skare swartes die polisie bestorm het en 69 doodgeskiet is, wou Sparks gehad het dat die Rand Daily Mail foto’s van swart lyke op die voorblad sit om die NP-regering in ‘n swak lig te stel en swartes tot opstand aan te hits. Selfs die linkse redakteur van destyds wou egter nie tot dié stap oorgaan nie, tot Sparks se uiterste teleurstelling.

Arthur Goldreich (links) en Harold Wolpe, kort ná hul ontsnapping uit aanhouding
Arthur Goldreich (links) en Harold Wolpe, kort ná hul ontsnapping uit aanhouding

Sparks het ook bande met die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty gehad en het die party se terreurveldtog en aanvalle op onskuldige burgerlikes in die sestigerjare ondersteun. Toe twee kommuniste wat van hoogverraad en sabotasie aangekla is, Harold Wolpe en Arthur Goldreich, uit aanhouding ontsnap en Botswana toe vlug, het Sparks onderhoude met hulle gaan voer en hulle in die blaaie van die Rand Daily Mail as helde voorgehou.

Met Allister Sparks se Engels-liberale en Boerehaatagtergrond, het hy in die onlangse tyd oor die ideale profiel beskik om naas Max du Preez ‘n rubriekskrywer in Beeld en Die Burger te word, waar hy dan ook in dié hoedanigheid aangestel is. Sy rubrieke, wat vermoedelik uit Engels vertaal is omdat hy so ‘n groot wrewel en haat vir Afrikaans gekoester het, het weekliks in die Media24-koerante verskyn waar hy dikwels gal teen Afrikaners en hul teenwoordigheid van bykans vier eeue in die land gebraak het. Volgens hom was Afrikaners die wortel van alle kwaad wat lankal in konsentrasiekampe van kant gemaak moes gewees het.

In die onlangse tyd was Sparks meer krities teenoor die ANC, die party wat hy jare lank hartstogtelik ondersteun en met sy joernalistieke pen van propaganda voorsien het. Hy het dit veral betreur dat grondhervorming nie vinniger plaasgevind en alle Afrikaners van hul grond afgesit is nie. Ook die feit dat Afrikaans in naam ‘n amptelike taal gebly het – al word dit nie in die praktyk as sodanig erken nie – het hom baie gepla. Soos vele radikale wit revolusionêre, het Sparks gevoel dat die revolusie nie vinnig en bloedig genoeg was nie.

Benewens sy haat vir en propaganda teen Afrikaners in plaaslike media, het Sparks ook as korrespondent vir buitelandse liberale koerante soos die Washington Post opgetree waarin hy Suid-Afrika en Afrikaners aanhoudend beswadder het.

Allister Haddon Sparks is op 10 Maart 1933 in Cathcart in die Oos-Kaap gebore. Hy het in 1951 as ’n verslaggewer by die Daily Representative in Queenstown begin werk en is in die vroeë sestigerjare by die Rand Daily Mail aangestel.

In die onlangse verlede was hy veral aktief by “transformasie”-programme om blankes uit die hoofstroommedia te weer.

Vroeë vanjaar het hy sy outobiografie gepubliseer, The Sword and the Pen. Sy seun Michael sê in sy verklaring: “Dit was vir my pa baie bevredigend dat die lewensherinneringe wat hy op sy verjaardag in Maart gepubliseer het, ’n topverkoper was. Hy het baie gewonder wat hy volgende sou doen en of daar nog ’n lewe ná die boek sou wees.”

Daar word op Vrydag 14 Oktober om 11:00 ‘n gedenkdiens vir Sparks by die Braamfontein-krematorium gehou.

Lees ook:

Why are we so ‘backward’, Allister Sparks? deur Dan Roodt

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.