Britse Reaper-aanval laat Siriese skietstilstand wankel

Deel op

Sirië se skietstilstand het verkeer op die rand van ineenstorting, nadat ’n Amerikaans-geleide koalisie-aanval die lewe van dosyne Siriese regeringsoldate geëis het.

Aleppo is ook vir die eerste keer in byna ’n week weer gebombardeer.

’n Reeks aanvalle Sondag op gebiede in Aleppo wat in rebelle-hande is, het ou gevegsfronte heropen en is die ernstigste bedreiging vir die skietstilstand tot nog toe.

’n Staking van gevegte in en om Aleppo, sodat broodnodige humanitêre bystand gelewer kon word, was een van die sleutelbepalings van die ooreenkoms.

’n Week ná die aanvang van die skietstilstand, het desperate inwoners van gebiede onder beleg nog geen bystand ontvang nie, omdat vegtende partye nie die veiligheid van humanitêre agentskappe kan waarborg nie.

Die mede-borge van die skietstilstandooreenkoms, Rusland en Amerika, het mekaar beskuldig en betrekkinge is verder versuur.

Sirië het Amerika daarvan beskuldig­ dat dit die skietstilstand saboteer.

“Die rede vir hierdie Amerikaanse aggressie is om die skietstilstand te laat misluk,” het Basjar Jaafari, Sirië se ambassadeur by die Verenigde Nasies, gesê.

Brittanje se militêre betrokkenheid by die lugaanval is deur hul Verdedigingsministerie bevestig. Verslae dui op ‘n Reapertuig wat gebruik kon gewees het.

Australiese sowel as Deense magte is deel van die VSA-geleide koalisie. By die hoofkwartier van die Deense militêre magte het ‘n woordvoerder ook hul betrokkenheid by die dodelike aanval erken.

“Twee Deense F-16s het deelgeneem saam met vliegtuie van ander lande in hierdie aanvalle. Die aanval is onmiddellik gestop toe ‘n verslag van die Russiese kant aangedui het dat ‘n Siriese militêre posisie getref is,” lui die Deeense verklaring.

“Dit is natuurlik jammer as die koalisie verkeerdelik enigiets anders as ISIS-magte getref het,” het die verklaring voortgegaan.

Die Siriese konvooi het noodvoorraad in ‘n plattelandse gebied in Urm al-Kubra afgelewer. Die VN sê minstens 18 van die 31 vragmotors, sowel as ‘n pakhuis is getref.

‘n Aantal noodlenigingswerkers is volgens berigte dood of gewond het die VN se spesiale raadgewer oor humanitêre sake, Jan Egeland bevestig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.