Obama ignoreer bomaanslae en trap kiesers uit

Deel op

President Obama se motorkade het digby die ligging van die bomaanslag Saterdagaand verby gery en hy het in Manhattan Sondagaand oornag, maar Obama het nog geen kommentaar oor die aanval in Chelsea gelewer nie.

In plaas daarvan, het Obama gekonsentreer op die sinkende presidensiële veldtog van Hillary Clinton.

Obama het gepraat oor die belangrikheid van hierdie verkiesing – “die belangrikste verkiesing van ons leeftyd” – en bespreek waarom hy glo Clinton sukkel.

Hy het “seksistiese” kiesers blameer, asook ‘n “rasgepolariseerde” samelewing. Van radikale Moslems en terreuraanslae was daar geen sprake nie.

Ondersoekbeamptes ondersoek intussen moontlike terreurbande in die drie aanvalle wat binne 24 uur die naweek op Amerikaanse grondgebied plaasgevind het.

Volgens berigte word vyf mense in verband met ’n ontploffing in Manhattan aangehou. Die ander voorvalle was ’n massa-messtekery in Minnesota en ’n pypbomontploffing in New Jersey.

Volgens die owerhede was die aanvalle moontlik gekoördineer, want die tydsberekening het vrese oor veiligheid laat ­ontstaan.

Federale sowel as plaaslike owerhede het vyf verdere verdagte items, wat in ’n rugsak in New Jersey gevind is, ondersoek.

Die FBI in Newark het getwiet “’n verdagte pakkie met veelvuldige ploftoestelle” is in ’n asdrom in Elizabeth, New Jersey, buite ’n kroeg gevind.

“Terwyl werk aan die gang was om die toestelle te beveilig, het een ontplof. Daar was geen beserings nie en wetstoepassers op die toneel is besig om getuienis te ondersoek,” lui die FBI se twiet.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.