Ten spyte van geweldige teenkanting teen haar beleid om Duitsland se grense vir Moslems oop te gooi, hou kanselier Angela Merkel vol dat sy die regte ding doen.
Merkel hou haarself doof vir skerp kritiek dat die miljoene vlugtelinge uit die Midde-Ooste wat na Duitsland stroom, nie Duits gaan word in die ware sin van die woord nie.
Die koalisie wat Merkel lei, het dus weer ‘n yslike pak slae in ‘n plaaslike verkiesing in Berlyn gekry.
Dit volg na ‘n vernederende derde plek in die onlangse verkiesing in die deelstaat Mecklenburg-Voorpommere van die CDU, Merkel se party, teen die “verregse” AfD.
Die CDU kon slegs 17.9 persent van die stemme op hom verenig.
Dit is die slegste wat die CDU nog in ‘n verkiesing in Berlyn gevaar het
Die regse Alternatief vir Duitsland-party het 13,6 persent van die stemme op hom verenig, die beste wat ‘n regse party nog ooit gedoen het sedert die Tweede Wêreldoorlog.
Maar die Groenes en Linkse Party het ook goed gedoen en die AfD in die vyfde plek laat eindig.
Die leier van die SPD, wat ondanks groot verliese steeds die meerderheid stemme verower het, sê Berlyn bly ‘n stad van “maatskaplike en menslike ideale”.
Berlyn is een van Duitsland se 16 federale state in eie reg, maar ongelukkig ook bekend vir sy losbandige linksheid.