Drie terreuraanslae in die VSA

Deel op

‘n Gesamentlike Amerikaanse terreurtaakmag ondersoek die ontploffing te ondersoek die ontploffing in New York waarin 29 mense beseer is

Die burgemeester van New York, Bill de Blasio sê New Yorkers sal hulle nie deur Saterdagaand se ontploffing laat intimideer nie.

‘n Ploftoestel het in ‘n besige straat in Chelsea in Manhattan ontplof en vyf toestele is naby ‘n treinstasie opgespoor.

Die FBI het vier van die ploftoestelle reeds onskadelik gestel met behulp van robotte.

Die bom wat ontplof het, het bestaan uit ‘n drukkoker waaraan ‘n selfoon vasgemaak is. Volgens die polisie is dit soortgelyk aan die bomme wat drie jaar gelede tydens die Boston Marathon ontplof het.

De Blasio sê voorlopige aanduidings is dat die ontploffing ‘n terreuraanslag was.

‘n Soortgelyke toestel het vroeër in New Jersey ontplof. Altesaam is 38 mense gewond in die voorvalle wat ook ‘n mesaanval insluit in St. Cloud, Minnesota.

Intussen sê ‘n nuusagenskap wat bande met die internasionale terreurgroep ISIS het, Amaq, dat die mesaanval by die winkelsentrum in die staat Minnesota in die VSA deur een van sy ondersteuners uitgevoer is.

Die polisie het die man later doodgeskiet.

Die man was geklee as ‘n veiligheidswag en het agt mense in die St. Cloud-winkelsentrum met ‘n mes gesteek en beseer.

Hy het glo minstens een persoon gevra of hy ‘n Moslem was voordat hy die man aangerand het.

Drie van die beseerdes word in die hospitaal behandel. Geen van die beserings was noodlottig nie.

Die FBI ondersoek die gebruik van tanneriet in albei toestelle. Hulle wou nie bevestig dat vyf mense in hegtenis geneem is nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.