Nog ‘n swart hoërskool in Limpopo is afgebrand in voortslepende etniese onrus. Die ANC wil nie toegee dat die twee taalgemeenskappe geskei moet word nie.
Tsonga-inwoners se ontevredenheid oor munisipale grense in die Vuwani-gebied wat Vendas bevoordeel, het tot onluste gelei.
Die brand het die naweek by die Humula-hoërskool buite Malamulele in Limpopo groot skade aangerig. Dit is die tweede voorval van brandstigting by dié skool vanjaar.
Drie klaskamers en ‘n administrasiekantoor van in die Mukhomi-gemeenskap is opsetlik aan die brand gesteek.
Bykans 30 skole is vroeër vanjaar tydens onluste oor munisipale afbakening by Vuwani en Malamulele aan die brand gesteek.
‘n Woordvoerder van die departement, Naledzani Rasila sê dokumente, toerusting en meubels is in die brand vernietig.
Die departement van Onderwys in Limpopo sê hulle moet nog bepaal wat die omvang van die skade is.
Rasila sê die polisie ondersoek die oorsaak van die brand.
Die minister van basiese onderwys, Angie Motshekga, het intussen die jongste aanval op ‘n skool in Malalulele veroordeel.
Sy sê die vernietiging van infrastruktuur ondermyn die vordering wat in skole gemaak word.
Motshekga het na afloop van ‘n vergadering van die Raad van Onderwysministers in Pretoria gesê vordering is gemaak om skoolinfrastruktuur regoor die land met meer as 170 van 510 geoormerkte skole wat op standaard gebring is.