UK sluit na dreigemente dat drie se tugverhoor tot oproer sal lei

Deel op

Die Universiteit van Kaapstad het aangekondig dat alle lesings en toetse vandag opgeskort is.

Die universiteit sê in ‘n verklaring die besluit is geneem nadat verskeie rolspelers geraadpleeg is.

Volgens ‘n woordvoerder is die “moeilike besluit om klasse op te skort” geneem na oorleg met verskillende “belanghebbendes”. Dit blyk dat oproerige swart studente die “belanghebbendes” is.

Die swart studente betoog vir swart “solidariteit” teen die wit bestuur.

Swart studente het verlede week begin saamdrom teen ‘n tugverhoor waar drie van hul makkers aangekla is van brandstigting en openbare geweld in verband met protesoptrede vroeër vanjaar.

UK het gesê dat die Universiteit se biblioteke, insluitend sy 24/7 studie-area, sal ook gesluit wees.

Studente in die gesondheidfakulteit wat in hospitale en klinieke werk, moet steeds vandag hulle pligte nakom.

Hoewel akademiese bedrywighede opgeskort is, is die universiteit steeds oop en personeel word gevra om steeds vir werk aan te meld.

Intussen sal studente vandag hoor of daar ‘n verhoging in klasgelde vir volgende jaar sal wees. Die minister van hoër onderwys, Blade Nzimande sal na verwagting om elfuur ‘n aankondiging maak.

Studente-organisasies het weer gedreig met onluste indien daar ‘n styging is. Hulle eis dat geen verhoging ook in 2017 sal geld.

Universiteite het vroeër bekendgemaak dat ‘n verhoging van agt persent nodig is om doeltreffend te kan funksioneer.

Die raad op hoër onderwys het ‘n verhoging van ses persent aanbeveel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.