Oorgrens-aanvalle deur Boko Haram eis sewe

Deel op

Sewe soldate van Niger is vermoor en agt ander gewond in twee afsonderlike aanvalle die afgelope week deur Boko Haram Islamiete, het ’n weermagwoordvoerder in Niamey gesê.

Die twee aanvalle het in die suidoostelike Diffa-streek ná aan die grens met Nigerië plaasgevind.

Vyf soldate is in ’n lokval Maandagoggend dood en ses is beseer. In ’n vroeëre aanval is twee soldate dood en nog twee gewond toe hul patrollievoertuig oor ’n selfvervaardigde ploftoestel gery het, lui ’n verklaring van die weermag.

Boko Haram se sewe jaar lange insurgensie het reeds die lewens van meer as 20 000 mense in Nigerië en grensgebiede in naburige Niger, Tsjad en Kameroen geëis en meer as 2,6 miljoen mense haweloos gelaat.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.