Die Ivoorkus het sy westelike grens met Liberië en Guinee heropen twee jaar nadat dit in Augustus 2014 gesluit is om die verspreiding van die Ebola-virus te verkom.
Die virus het die lewens van duisende mense in Wes-Afrika geëis.
Ongeveer 29 000 mense het die hemorragiese koors in die eerstes twee jaar van die uitbreking, die ergste nog op rekord, opgedoen. Meer as 11 000 mense is dood voordat dit finaal in Junie vanjaar beëindig is. Die meeste sterftes was in Guinee, Liberië en Sierra Leone.
“Ons moes hierdie maatreëls tref om ons land te beskerm. Die feit dat ons nie ’n enkele geval gehad het nie, kan as werklike welslae beskou word,” het ’n regeringswoordvoerder, Bruno Kone, gesê met verwysing na die grenssluiting.