UJ gaan appelleer teen vermeende brandstigters se terugkeer

Deel op

Die Universiteit van Johannesburg gaan appelleer teen Maandag se uitspraak van die Hooggeregshof van Johannesburg wat aan vyf geskorste studente toegang tot die universiteit gegee het.

Die universiteitsbestuur sê hy het ‘n plig om studente en personeel te beskerm teen geweld en sabotasie en te verseker dat alle studente regverdig behandel word.

Die vyf studente is onder die 17 wat in Augustus deur die universiteit geskors is omdat hulle na bewering betrokke was by brandstigting in die Sanlam-ouditorium (foto) vroeër vanjaar, het RSG berig.

Hulle is toegang tot die universiteit geweier totdat hulle tugverhore afgehandel is.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.