Bainsvlei-moorde: Misdaadtoneel spreek boekdele

Deel op

Twee van die drie laggende verdagtes (foto) in die moord op die Swanepoel-egpaar van Bainsvlei, Bloemfontein op 11 Januarie verlede jaar, het enige betrokkenheid by die misdade ontken, maar die misdaadtoneel spreek van die teendeel.

Die Vrystaatse hooggeregshof het Donderdag gehoor dat Fana Ntshedi se vriendin het sy skoene vir hom gebring het om aan te trek, die oomblik toe hy in hegtenis geneem is.

Die staat beweer spore van daardie skoene is op die moordtoneel gevind. Ntshedi ontken dit en sê dat hy nie die skoene ken nie.

Hy het getuig dat hy ook nie ‘n venster gebreek het op die misdaadtoneel waar sy vingerafdrukke gevind is nie.

Hy het ook nie ‘n sokkie verloor met sy DNA op die misdaadtoneel nie.

Beskuldigde nommer twee, Motsamai Bitterbos het aan die hof gesê hy het sommer toevallig bakkie die slagoffers langs die pad opgemerk om 03:00 die oggend ná die moorde.

Hy wou die voertuig na die slagoffers “terugneem” en het by hul huis “rondgeloop”. Hy sê dit is die rede waarom sy voetspore op die misdaadtoneel was.

Hy het daarna besluit om na die polisiekantoor te ry om die voorval aan te meld, maar is gestop deur ‘n vangwa op pad en in hegtenis geneem, het Bitterbos gesê.

Hy het die Swanepoels se gesteelde vuurwapen by hom gehad toe hy vasgetrek is.

Die derde beskuldigde in die saak is Jackie Louw. Sy getuienis sal vandag gehoor word.

Die bejaarde Toon en Riene Swanepoel is ure lank gemartel en Rienie is herhaaldelik verkrag voordat hulle doodgeskiet is. Die polisie het gesê die moordtoneel het soos ‘n “skietbaan” gelyk.

Hulle het Toon in die been geskiet omdat hy wou terugveg en daarna sy vrou voor hom verkrag, het die ondersoekbeampte, Kobus Coetzee gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.