Swart leerlinge beseer polisiebeampte by skool

Deel op

‘n Polisiebeampte is beseer toe swart leerlinge oproerig geraak het en eiendom beskadig het in Tlakgameng naby Ganyesa Donderdag.

Die polisie in Noordwes het gesê die leerlinge het op ‘n plundertog gegaan van die skool.

Kolonel Sabata Mokgwabone sê die polisie is na Thuso-Thebe Hoërskool in Tlakgameng vir ‘n deursoeking van leerlinge. Hulle het beslag gelê op selfone sowel as gevaarlike wapens van die swart tieners.

“Laasgenoemde het daarna die polisie aangeval. ‘n Polisiebeampte is beseer tydens die voorval. POP [Public Order Police oftewel Openbare Orde Polisie] is ontplooi om die situasie te bestuur,” het hy gesê.

Meer besonderhede was nie onmiddellik beskikbaar nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.