Kindermoordenaar Winnie, sterk gom vir swart eenheid

Die kindermoordenaar en terroris Winnie Mandela, het haar 80ste verjaardag by die Mount Nelson-hotel in Kaapstad gevier, saam met haar politieke “vyande”.

EFF-leier Julius Malema, die burgemeester van Kaapstad, Patricia de Lille en ANC adjunk-president Cyril Ramaphosa kon haar nie genoeg ophemel nie.

Ramaphosa, wat een van die hoofsprekers was, het Madikizela-Mandela se “skoonheid en krag” besing, en sy toespraak met ‘n anti-wit gedig van Maya Angelou afgesluit.

Die uitspattige prag-en-praal, op die onkoste van die vrygewige belastingbetaler by Kaapstad se duurste hotel, was nog ‘n kragtoer in oordaad en swak smaak.

Swart eenheid en “vryheidsvegters” was op die selfverheerlikingsspyskaart van die spannetjie marionette wat met veral geweld teen hul eie mense gehelp het om Suid-Afrika aan die oligarge te oorhandig.

“Jy bring Patricia de Lille, myself en ander in die ANC en Julius [Malema] en Dali [Mpofu, “geswore vyand” van Ramaphosa volgens die dooieboommedia], byeen. Sjoe, jy is inderdaad die moeder van die nasie,” het Ramaphosa in die oortreffende trap geflikflooi.

Winnie het gillend die formaliteite afgesluit met die enigste manier wat sy ken, naamlik die gebalde vuis, swartmagkreet: “Amandla!”

Madikizela-Mandela is gebore op 26 September 1936.

Winnie het Stompie Moeketsi oftewel James Sepei, tesame met drie ander swart kinders laat ontvoer op 29 Desember 1988 uit die Metodistepastorie in Orlando, Soweto.

Moeketsi is daarvan beskuldig dat hy ‘n polisie-informant was. Winnie het sy keel laat afsny en sy lyk is op ‘n afvalhoop naby haar huis op 6 Januarie 1989 gevind. Die ander drie is ernstig aangerand.

In 1991, is Winnie Mandela skuldig bevind aan ontvoering en as ‘n medepligtige in die aanrandings. Sy het egter nooit haar ses jaar tronkstraf uitgedien vir haar aandeel in die moord nie. Dit is verminder na ‘n boete en ‘n twee-jaar opgeskorte vonnis op appèl.

In 1992 is sy beskuldig van die moord op dr Abu-Baker Asvat, ‘n familievriend van haar wat Seipei ondersoek het by die huis voordat hy vermoor is, waarskynlik om te keer dat hy nie uitpraat oor Winnie se werklike aandeel in die moord op die kind nie.

Sy het vermoedelik self die kind se keel afgesny, soos dit ‘n ware ISIS-terroris sou betaam.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.