ISIS se topbevelvoerder in Amerikaanse lugaanval dood

Deel op

‘n Topbevelvoerder van ISIS, Aboe Mohamed al-Adnani is in ‘n Amerikaanse lugaanval dood.

ISIS het sy dood kort na die aanval aangekondig deur sy nuusagentskap Amaq.

Die Amerikaanse State Department het ‘n beloning van $5 miljoen belowe aan enige een wat hom om die lewe bring.

Foto’s van die terroristeleier is ook beskikbaar op die aanlynuitgawe van die Islamitiese Staat-groep (ISIS) se weeklikse tydskrif, Al-Nabaa.

Hy was die destydse woordvoerder van ISIS in Irak en die Levant en die bevelvoerder in Sirië en een van die organisasie se topleiers.

Die Pentagon het Maandag aangekondig dat Al-Adnani verlede maand in Amerikaanse lugaanvalle in die noorde van Sirië omgekom het.

“Die lugaanval naby Al Bab, Sirië het ISIS se hoofpropagandis, werwer en argitek van eksterne operasies van die slagveld verwyder,” het die Pentagon se mediasekretaris, Peter Cook, gesê.

Hy was die hoofargitek van aanvalle teen Westerse teikens.

In ‘n September 2014-toespraak het Adnani Islamiete aangemoedig om Europeërs om die lewe te bring op enige moontlike manier: “Vermorsel sy kop met ‘n klip, of slag hom met ‘n mes, of ry hom met jou motor dood,” het Adnani toe gesê.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.