Trump trek voor Clinton in Ohio en Florida, twee sleutelstate

Deel op

Met slegs agt weke oor voor die Amerikaanse presidentsverkiesing, trek Donald Trump voor Hillary Clinton in meningsopnames in beide Ohio en Florida, twee van die sleutelstate wat gewoonlik die wenner in die wedstryd om Withuis toe te gaan, bepaal.

‘n Meningsopname deur CNN/ORC in die twee state toon dat waarskynlike stemmers in Ohio met 46% vir Trum sal stem, teenoor 41% vir Clinton, terwyl 8% die Libertariese Party van Gary Johnson en 2% die Groen Party van mev. Jill Stein sal ondersteun. In Florida skaar 47% van waarskynlike stemmers hulle agter Trump, met 44% agter Clinton, teenoor 6% vir Johnson en 1% vir Stein.

Trump geniet meer steun onder mense wat vas van plan is om te stem. As louwarm kiesers in ag geneem word wat moontlik nie op stemdag by die stembus sal opdaag nie, wen Clinton met ‘n skrale 1% in Florida, met 45% teen 44% vir Trump, maar selfs in dié geval verloor sy met 43% teenoor 39% in Ohio, met Johnson wat 12% verkry.

Meerderheid blanke kiesers steun Trump

Iets wat ook uit die jongste meningsopnames blyk, is dat Trump by verre die meerderheid steun onder blanke kiesers geniet. In Ohio geniet Trump 22 persent meer steun onder blankes as onder nie-blankes, terwyl sy voordeel onder blankes in Florida so hoog soos 29 persentasiepunte is. Aan die ander kant steun nie-blankes in beide state oorwegend vir Clinton. Sy geniet 70 persent meer steun as Trump onder nie-blankes in Ohio.

Selfs onder opgevoede blankes wat deur Amerika se links-liberale universiteite gebreinspoel is om die blanke beskawing te haat, geniet Trump tans die meerderheid steun. Hoewel Clinton ook oor taamlik steun onder blankes met universiteitsgrade beskik, daal haar steun onder blankes sonder grade drasties tot minder as 30 persent omdat daardie blankes haar as antiwit beskou. In beide Ohio en Florida het Trump se steun onder blanke graduandi gestyg: in Ohio met 9 persentasiepunte en in Florida met 8 persent.

Teenoor die toestand in middel-Augustus toe die VSA se liberale media gepoog het om Clinton as die aangewese president aan te bied omdat Trump plek-plek besig was om in die die meningsopnames terug te sak, is die geveg nou voluit aan die gang met Trump wat as moontlike wenner uit die stryd mag tree. Oor die algemeen is kiesers meer geesdriftig oor Trump, teenoor Clinton wat as onbetroubaar en oneerlik gesien word.

Meer mense in beide state sien Clinton as iemand wat “gedeelde waardes” beliggaam (47% teenoor 41% vir Trump) en as iemand wat die verantwoordelikheid van opperbevelvoerder van die VSA sal kan hanteer, maar 47% beskou Trump as eerlik en betroubaar teenoor slegs 40% wat Clinton vertrou of as eerlik sien. Twaalf persent van kiesers vertrou nie enigeen van die twee nie.

Die CNN/ORC-meninsopnames is vanaf 7 tot 12 September per telefoon uitgevoer. Die uitslae in Florida is gegrond op ‘n ewekansige steekproef van 1 003 volwassenes wat in die deelstaat woon, waaronder 788 wat waarskynlik in November gaan stem. In Ohio is onderhoude met ‘n ewekansige steekproef van 1 006 volwasse inwoners van die deelstaat gevoer, waaronder 769 waarskynlike stemmers. In beide state is die moontlikheid vir ‘n statistiese fout 3,5 %.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.