Hillary is nie eerste vroulike Amerikaanse presidentskandidaat nie

Deel op

Hillary Clinton se aanspraak dat sy die eerste vrouekandidaat vir president sal wees, is nie waar nie.

Amper ‘n eeu en ’n half voordat Clinton die Demokratiese Party­ se presidentskandidaat geword het, het Victoria­ Woodhull (foto), ’n aktivis van Ohio, die eerste­ vrou geword om as presidents­kandidaat te staan.

Sy was ook die eerste vrou wat ‘n komitee van die Amerikaanse Kongres toegespreek het.

Sy is in 1872 deur die klein “Equal Rights Party” genomineer om teen die Repu­blikeinse pre­sidentskandidaat, Ulysses S. Grant, te staan.

Dit was nog voordat vroue stemreg in Amerika gehad het.

Woodhull het net drie jaar skoolgegaan. Sy is later getroud met ‘n alkoholis en mediese dokter, maar het hom verlaat weens sy rokjagtery.

Sy en haar suster het uiteindelik as suksesvolle makelaars op Wallstraat gewerk.

Die Victoria Woodhull-gedenkkloktoring in Granville, Ohio is ter ere van haar opgerig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.