VSA en Rusland verleng Siriese skietstaking

Deel op

Amerika en Rusland het ingestem om die skietstaking in Sirië met nóg 48 uur te verleng. ‘n Ooreenkoms tussen die twee lande is bereik sodat samesprekings oor die beëindigiging van die inval in Sirië hervat kan word.

Konvooie met noodvoorraad het vroeër in Aleppo aangekom nadat hulle die Turkse grens oorgesteek het, maar wag vir die versekering dat dit veilig is om verder te ry.

Die vertraging met die aflewering van die voorraad is volgens berigte ‘n teken van die hindernisse van die skietstilstand.

Volgens die VSA moet Siriese regeringstroepe eersdaags uit Aleppo padgee.

Russiese spesiale magte sal nou amptelik die plek van die Siriese weermag langs die strategiese Castillo-hoofweg in die noorde van Aleppo inneem.

Die Siriërs het ingestem om 1km noord van die Castillo-snelweg te onttrek ten einde humanitêre hulp deur te laat.

Benewens Russiese besoekpunte, sal daar twee kontrolepunte langs die Castillo-snelweg opgerig word. Daar is volgens berigte op die Russiese soldate gevuur by een van dié kontrolepunte.

Die Siriese weermag het intussen aangekondig dat twee Israeliese tuie neergeskiet is waaronder ‘n vegvliegtuig asook ‘n Israeliese hommeltuig. Israel het nie die bewerings bevestig nie.

Die Demokratiese Amerikaanse presidensiële kandidaat Hillary Clinton die week ook ingestem om met die Oekraïnse president Petro Poroshenko asook die Egiptiese president Abdel Fattah al-Sisi te ontmoet, het haar veldtogbestuur Woensdag gesê.

Albei lande is sleutellande in die konflik in die Midde-Ooste. Hillary se teenstanders sê dat indien sy verkies word, sal die heersende vyandelikhede aansienlik uitbrei.

Dié ontmoetings wat by die Algemene Vergadering van die Verenigde Nasies sal plaasvind, het kommer laat toeneem oor Clinton se oorlogskoors.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.