Toestroming na Kimberley skep sanitasie-kopseer

Deel op

Meer as 1600 huishoudings in ‘n hele paar plakkerskampe in Galeshewe, Kimberley gebruik die emmer-stelsel.

Dit is volgens ‘n antwoord op ‘n geskrewe vraag in parlement. Water and Sanitatasie Minister Nomvula Mokonyane sê plakkers in Ramona-, Santa Centre- en Lerato Park gebruik nog steeds die emmerstelsel.

‘n Toestroming wat ‘n styging in inwonersgetalle veroorsaak het, sê Mokonyane, het daartoe bygedra dat planne vir behuisingsprojekte heeltemal te kort skiet.

Sy sê dié plakkers is reeds in die gebied gevestig en is besig om baie vinnig uit te brei.

Inwoners van die gebied het verlede jaar teen swak dienslewering betoog en verskeie paaie in die gebied afgesper.

Mokonyane sê daar sal nou gekyk moet word om inwoners wat nie kan baat by die projekte te hervestig.

Diegene wat ook in gebiede bly wat vir die projekte geoormerk is, sal moet verskuif word.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.