Swart advokaat wat glo regter wou omkoop hoop op borg

‘n Swart advokaat wat na bewering probeer het om ‘n regter om te koop, weet nog nie of ‘n Bloemfonteinse landdroshof aan hom borgtog sal verleen nie.

Landdros Richards Lawrence het die saak tot Donderdag uitgestel.

Vroeër Woensdag het Karabo Tau, 39, wat homself verteenwoordig, gesê hy gaan onskuldig pleit op aanklagte van korrupsie, afpersing, hom voordoen as ‘n advokaat en sameswering om ‘n misdryf te pleeg.

Maar aanklaer Johan Roothman het gesê die staat het ‘n sterk saak teen Tau. Hy het gesê hulle wag vir selfoonrekords en bankstate wat Tau inkrimineer.

“Ek sal dié aanklagte heftig ontken. Ek was nog deurmekaar toe ek daaroor lees in die media,” het Tau daarop geantwoord.

Tau is in hegtenis geneem in Bloemfontein in Augustus nadat hy na bewering deur die families van nege mense beskuldigdes gevra is om ‘n regter om te koop om hulle vry te spreek.

Die nege is skuldig bevind aan die diefstal van diesel en afpersing.

‘n Woordvoerder van die Valke S’fiso Nyakane, sê die nege aangeklaagdes sou gevonnis word in die Vrystaatse hooggeregshof in Oktober.

Hul gesinne het na bewering R80 000 oorbebetaal aan die swart advokaat. Dit was blykbaar ‘n deposito vir die betaling van R500 000 aan die regter.

Maar Tau ontken dit. Hy het aan die hof gesê dat hy borg moet kry omdat hy aan diabetes ly en voortdurend medikasie neem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.