Niekie van den Berg, jongste politieke nar?

Deel op

Die nuus vandeesweek dat die omroeper Niekie van den Berg tot die politiek toetree as DA-kandidaat, beklemtoon die tekort aan enige geloofwaardige politieke leierskap in die land. Die DA moet werklik desperaat wees om die aanbieder van die "Sê wie"-program, wat as polities korrekte Afrikanerhater bekendheid verwerf het, op sy kandidatelys te plaas.

Deel op

Ook in die ANC is daar natuurlik hordes sogenaamde parlementslede wat nie in staat is om op enige ander manier 'n salaris te verdien nie en gereeld gekke van hulself maak in hul openbare uitsprake. Diegene wat kraters van hulself maak, verteenwoordig miskien nog die room van die room, want 'n groot gros ander woon nie eens die parlement by nie of raak op die banke aan die slaap.

Moontlik sal Niekie van den Berg met sy domastrante menings wat op volslae onkunde oor die politiek en die geskiedenis gegrond is homself tuisvoel in die parlement, gegewe die materiaal wat reeds op die banke sit (of slaap). Dis egter nog nie 'n goeie rede vir 'n opposisieparty om so 'n nar as moontlike verteenwoordiger van kiesers te oorweeg nie.

обработка ценаДанильченко

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.