Sweedse ekonoom waarsku dat laaggeskoolde instroming ‘tydbom’ is

Deel op

Ten spyte van die aandrang van linkse Sweedse politici dat nie-blanke immigrante in Swede “hoogs opgeleide mense” is en ‘n “ekonomiese seën” sal word, het ‘n ekonoom Johan Javeus gewaarsku dat die nuwelinge laaggeskooldes is, en ‘n tikkende tydbom in die arbeidsmark.

Die Skandinawiese Individuele Bank (SWV) se ekonoom het gewaarsku dat die gebrek aan los werkies gekombineer met rekord hoë massa-migrasie ‘n tydbom is wat kan ontplof voor die verkiesings in 2018.

Maar die minister van arbeid Ylva Johansson het Javeus se kommentaar afgelag. Sy het die toestroming beskryf as ‘n “uitdaging wat bestuur kan word”.

Die minister het gesê die departement het “baie ver gekom”, maar kon geen besonderhede gee oor hoe die probleem van honderde duisende werklose immigrante in die herfsbegroting geakkomodeer gaan word nie.

Die doel van haar program is om alle nuwe aankomelinge binne twee jaar aan die werk te kry. Tot dusver het slegs ‘n skamele 31 persent van immigrante aan hierdie doelwitte voldoen.

Die oorgrote meerderheid van die nuwe aankomelinge in 2015 het baie min onderrig ontvang in die lande waaruit hulle kom, het Javeus aan Svenska Dagbladet gesê. Hy meen die gaping sal voortgaan om al groter te word.

Met die hoogtepunt van die migrasiekrisis in Europa verlede jaar, het premier Stefan Löfven Swede verseker dat immigrante wat die land oorstroom “hoogs opgeleides is wat die ekonomie sal bevoordeel”.

Daar is egter geen ekonomiese rede waarom Swede met die vooruitgang in tegnologie wat hul krimpende bevolking tot voordeel kan strek, hierdie massas nie-blankes hoef in te voer nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.