Israeli president opgeneem na beroerte

Deel op

Die voormalige Israelse eerste minister en president, Shimon Peres, is in die hospitaal opgneem ná ‘n ernstige beroerte.

Volgens berigte is hy aan ‘n asemhalingstoestel gekoppel.

Die 93-jarige langsdienende politieke figuur het vroeër vanjaar ‘n operasie ondergaan om ‘n pasaangeër te kry ná ‘n ligte hartaanval.

Peres het in die 1990’s ‘n sleutelrol gespeel in vredesonderhandelings in die Midde-Ooste en was in 1993 een van die argitekte van die Oslo-akkoord.

Hy het in 1994 as president van Israel die Nobelprys vir Vrede saam met sy destydse eerste minister, Yitzhak Rabin, en die Palestynse leier, Yasser Arafat, ontvang vir hul vredespogings.

Dié pogings het egter niks opgelewer nie.

Peres is in Pole gebore en was een van die stigterslede van die Arbeiders se Sioniste Jeugbeweging.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.