Voormalige Valke-hoof veg terug teen Indiër-sakeman

Deel op

Die voormalige hoof van die Valke in KwaZulu-Natal, Johan Booysen, sê hy is van mening dat die Nasionale Vervolgingsgesag gemanipuleer word.

Booysen sê die aanklagte dat hy en 30 lede van die Valke se Cato Manor-eenheid soos ‘n moordbende gefunksioneer het, is die funksie van politiekery.

Hy hou reeds jare lank vol dat hy van rampokkery aangekla word om die Toshan Panday-ondersoek te stop.

Hy het ‘n boek oor sy wedervaringe bekendgestel, waarin hy sê dat die doel van die aanklagte teen hom is om hom te keer om hoëvlakkorrupsie te ondersoek.

Die Nasionale Vervolgingsgesag het intussen besluit om die aanklagte teen die Durbanse sakeman, Panday (foto), weer in te stel.

Sedert 2010 het Panday vier afsonderlike aanklagte gesystap.

Sy verhouding met lede van die Zuma-familie, onder meer Jacob Zuma se seun Edward en die president se neef Deebo Mzobe, het vermoedelik gehelp daartoe.

Panday is vir die eerste ondersoek saam met ene Madhoe, ‘n aankoopbeampte by die polisie se hoofkantoor in Durban, omdat hulle saamgesweer het om die Suid-Afrikaanse Polisiediens te bedrieg oor ‘n R60-miljoen kontrak om tydelike verblyf vir die polisie te verskaf in KwaZulu-Natal tydens die 2010 FIFA Wêreldbeker.

Panday is later in hegtenis geneem nadat hy na bewering Booysen met R2-miljoen wou omkoop om ‘n verslagdatum te vervals.

Panday en die senior polisie-offisier, Navin Madhoe, sal op aanklagte van korrupsie in die Durban-streekhof verskyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.