Bejaarde boer en vrou op Bothaville aangeval

‘n Bejaarde boer, sy vrou en ‘n ander vrou uit Bothaville in die Vrystaat is aangeval in hul huis op hul plaas vroeg vanoggend.

Bothaville Landbou-organisasie se veiligheidskoördineerder, Johan du Plessis, sê ses swart aanvallers het toegang verkry tot die plaashuis net ná 02:00 vanoggend.

Hulle het die egpaar en die vrou met kleefnabd vasgebind en daarop aangedring dat die boer die sleutels van sy kluis oorhandig.

Du Plessis sê ‘n vuurwapen en geld is gesteel. Twee van die verdagtes was gewapen. Hulle het gevlug in ‘n silwer Volkswagen.

Du Plessis sê hulle het in die rigting van Orkney gevlug. Die getraumatiseerde slagoffers het beserings opgedoen.

Die polisie het nog nie bevestig dat die aanval plaasgevind het nie.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.