‘Verdraagsame’ gays jubel na SA pastoor verbied

Steven Anderson, ‘n Amerikaanse pastoor wat gekant is teen homoseksuele, is hartseer oor die besluit van Suid-Afrika om hom en sy 17 helpers te verbied om na die land te reis.

Anderson het nou sy hoop op Botswana geplaas, maar GayRadio SA se bedryfsbestuurder Hendrik Baird het gesê Botswana moet Suid-Afrika se voorbeeld volg en Anderson ook toegang verbied.

Die radiostasie het name ingesamel teen die pastoor se besoek.

“Ek is verban uit Suid-Afrika en die Verenigde Koninkryk. Ek word nie eens toegelaat om ‘n aansluitingsvlug in Londen te kry nie,” het Anderson op Facebook en Twitter gesê.

Hy het uit Handelinge 18, vers 6 aangehaal:

Paulus al sy aandag bestee aan die prediking om die Jode daarvan te oortuig dat Jesus die Messias is.

6 Toe hierdie Jode hom egter aanhou teenstaan en beledig, het hy die stof van sy klere afgeskud en vir hulle gesê: “Julle bloed is op julle eie kop. Ek is onskuldig. Van nou af spits ek my toe op die nie-Jode.”

“Ek voel jammer vir mense wat in Suid-Afrika woon, maar dank God ons het nog ‘n wye oop deur in Botswana. Bly uitkyk vir verslae van menigtes wat gered word in Botswana, waar godsdiensvryheid nog bestaan,” het hy geskryf.

Die minister van Binnelandse Sake Malusi Gigaba, het sy aansoek vir vrystelling van ‘n visum teruggetrek.

Gigaba het Dinsdag aangekondig dat Anderson, van die Gelowige Wêreld Baptiste Kerk in Arizona, in terme van die Wet op Immigrasie, Artikel 29 (1) d toegang verbied is, na aanleiding van ‘n petisie wat GaySA Radio geloods het.

Die 17-sterk afvaardiging wat Anderson (foto) vergesel sal ook nie welkom wees nie.

In die aanloop tot die aankondiging van sy besluit, het Gigaba sonder ironie gesê Suid-Afrika is ‘n “pionier” van maatskaplike geregtigheid en menseregte.

Die land het die hoogste moord- en verkragtingsyfer ter wêreld en die bestaan van ‘n sistematiese uitwissingsveldtog teen wit boere is algemene kennis. Herhaaldelike petisies met honderde duisende name oor die verskriklike toestand, het geen indruk nog gemaak op die regering nie.

Burgers van die VSA word gewoonlik vrygestel van ‘n aansoek om ‘n visum na Suid-Afrika te kom, maar in die geval van Anderson en sy gevolg, is hierdie voorreg herroep.

Anderson sê Botswana is meer ontvanklik vir sy standpunt dat gay mense sodomiete is. Hy het gesê hy het ‘n sendeling wat reeds werk doen daar, en glo hulle sal verwelkom word.

Anderson het ondersteuners in Botswana soos dit uit ‘n Facebook-inskrywing blyk: “Een ding kan jy weet van mense wat hulself voordoen as verdraagsaam, is dat hulle net verdraagsaam is teenoor sonde, nie verskillende idees nie. Moenie daaroor bekommer nie Pastoor Anderson.. hou aan met die verkondiging van die Woord.”

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.