Na Nkandla wag moeilike vrae oor kredietgraderings

Deel op

President Jacob Zuma sal Dinsdag in die Nasionale Vergadering vrae van parlementslede beantwoord.

Dit volg ‘n dag nadat hy verklaar het dat hy die geld vir Nkandla gaan terugbetaal.

Die Grondwethof se beslissing dat Zuma byna agt miljoen rand moet opdok wat aan nie-veiligheidsopgraderings aan sy huis op Nkandla bestee is, het hom genoop tot die stap.

Die meeste bevindings van ‘n verslag van die Openbare Beskermer is deur die Hof bekragtig.

Die Presidensie en die Tesourie het vroeër bevestig dat Zuma die geld betaal het. Hy het ‘n huislening by die VBS Mutual Bank, ‘n Vendabank, bekom.

Die vrae aan die president sal glo handel oor besonderhede van die nuwe presidensiële koordineringsraad vir staatsbeheerde maatskappye, waarvan die president die voorsitter is.

Moontlike oplossings vir kredietafgraderings om te verseker dat arm mense so min as moontlik geraak word, sal ook behandel word, meen ontleders.

Beleggers moet Suid-Afrika as ‘n veilige beleggingsbestemming kan oorweeg, sê hulle.

Die ANC parlementslede sal ook vrae aan die president stel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.