SA uitgedaag om Moslemveelwywery te erken

Deel op

Die Vroueregsentrum gaan die Suid-Afrikaanse regering in die Wes-Kaapse Hooggeregshof uitdaag om Moslemveelwywery te erken.

Moslemvroue is glo ongelukkig oor die versuim om Moslemhuwelike amptelik te aanvaar.

Verskeie regeringsdepartemente insluitende Binnelandse Sake staan die aansoek teen.

‘n Prokureur, Hoodah Abrahams-Fayker, sê wanneer burgerlike of gewoontereghuwelike misluk, tree die reg in om regverdigheid tussen die eggenote te verseker en kinders te beskerm.

Abrahams-Fayker sê dit is nie die geval met Moslemhuwelike nie.

Sy sê hulle dien die aansoek in in die openbare belang omdat die gebrek aan erkenning vroue en kinders raak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.