Twee kaperverdagtes vas wat enigste kind voor haar moeder doodskiet

Deel op

Die Oos-Kaapse polisie het ‘n 16-jarige bruin seun en ‘n 15-jarige bruin meisie in hegtenis geneem in verband met die moord op die 63-jarige Magda van Vuuren in Port Elizabeth.

Die seun het Van Vuuren doodgeskiet tydens ‘n beweerde kaping voor Van Vuuren se bejaarde moeder wat hulpeloos staan en toekyk het.

Haar geskokte moeder Sally Potgieter, 83, het die verskriklike toneel reg voor haar Adcockvale-huis sien afspeel, teen ongeveer 15:00.

“Ek het die skote gehoor – ek dink twee,” sê Potgieter. Haar hande bewe terwyl sy na die plek in die straat wys waar haar dogter deur die bruin kapers geskiet is.

“Ek het so groot geskrik. Die tweede skoot het Magda getref en ek het gesien hoe sy in die straat inmekaarsak. Hy het [‘n bruin tiener] weggery en sy het net daar in die straat gelê, plat op haar maag, nie beweeg nie. Sy was my enigste kind.”

Die twee verdagtes is by ‘n vulstasie voorgekeer naby die Wells Estate-woonbuurt waar hulle vandaan kom.

‘n Polisiewoordvoerder, Alwin Labans sê die inhegtenisneming volg na die moord op Van Vuuren in Adcockvale.

Labans sê Van Vuuren het na bewering verby ‘n groep skoolseuns gery toe een van hulle skote op haar afgevuur, haar noodlottig gewond het en toe in haar motor weggejaag het.

Sy is in die rug getref en hospitaal toe geneem waar sy dood verklaar is. Die twee verdagtes sal binnekort in die jeughof verskyn.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.