Vrystaatse munisipaliteite het meeste uitstaande skuld

Deel op

Munisipaliteite in die Vrystaat het die meeste uitstaande skuld in vergelyking met ander provinsies.

Dit is volgens ‘n finansiële verslag, wat die stand van munisipaliteite landswyd soos op 30 Junie 2016, vergelyk. Die verslag dui daarop dat 73.7% van munisipaliteite in die provinsie se skuld aan diensleweraars al vir meer as 90 dae agterstallig is.

Die provinsie met die tweede meeste uitstaande skuld is Mpumalanga met 69.4% en die Noord-Kaap met 66.9%. Die totale uitstaande skuld van munisipaliteite aan diensleweraars het op 30 Junie vanjaar op R38.9 miljard rand gestaan.

Hierteenoor het munisipaliteite in die Vrystaat egter 100% van hulle Landelike Huishoudelike Infrastruktuurtoekenning bestee.

Hierdie toekenning word meestal bestee vir die uitwissing van sanitasie agterstand in gebiede waar grootmaat sanitasiedienste nie beskikbaar is nie.

Bron: OFM

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.