Libiërs neem olieterminale van VN-magte oor

Deel op

Magte in die ooste het Maandag die Libiese olie-uitvoerhawe Zuwaytina van die Verenigde Nasies se eenheids­regering herower, ‘n swaar slag vir die VN-magshebbers.

“Ons magte het daarin geslaag om volle beheer oor Zuwaytina te verkry,” het Mohammad al-Azoemi gesê. Twee ander oliehawens, Al-Sidra­ en Ras Lanoef, is Sondag oorgeneem.

Al drie hawens aan die Middellandse see is in Libië se olieryke gebied geleë, wat as lewensnoodsaaklike bron van inkomste vir die regering in Tripoli beskou word.

‘n Woordvoerder vir die Ooste se owerheid, het aan AFP gesê die aanval was daarop gemik om volle beheer “terug te wen van die oliehalfmaan”.

Ras Lanuf en Al-Sidra saam hanteer 700,000 vate olie per dag, maar was vir maande gesluit na jihadistiese aanvalle.

ISIS het die stad van Sirte in Junie verlede jaar oorrompel ten spyte van die VN se teenwoordigheid, en vrese vir terreuraanvalle in Europa verhoog.

Sedert 2014 veg die oostelike magte teen die jihadiste in die tweede grootste stad Benghazi in die noordooste van die olieryke gebied.

Die VN se Libië-gesant, Martin Köbler het op Twitter gesê hy is “bekommerd” oor die gevegte. VN-lojaliste dreig tans met geweld.

“Olie behoort aan alle Libiërs,” het hy gesê. “Konflik kan slegs opgelos word deur middel van dialoog, nie geweld nie.”

Mattia Toaldo, ‘n deskundige van die Council on Foreign Relations, het ook gedreig en gesê die beslaglegging van die terminale kan ‘n “dodelike slag vir die oliesektor Libië beteken”.

“Tensy daar baie vinnige mediasie is, kan dit lei tot konflik en ‘n finale slag vir Libië se olie-industrie,” het Toaldo gewaarsku.

Olie is Libië se hoofinkomste met reserwes beraam op 48 miljard vate, die grootste in Afrika.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.