Al-Sjabaab slaan weer in Kenia toe

Deel op

Al-Sjabaab het weer in Kenia toegeslaan. Drie vroue in boerkas het ‘n polisiekantoor in Mombasa in Kenia al kletsend binnegdring, waar hulle een polisieman met ‘n mes aangeval het voordat hulle die gebou met behulp van ‘n petrolbom aan die brand gesteek het.

Die drie is op die toneel doodgeskiet.

Die polisie het ook ‘n selfmoord­gordel gevind wat nie ontplof het nie, het ‘n polisiewoordvoerder gesê.

Die stad Mombasa aan Kenia se kus het ‘n groot Moslembevolking en het die afgelope jare gereeld onder aanvalle deur Islamitiese militante deurgeloop.

Die vroue het onder die voorwendsel dat hulle ’n gesteelde telefoon wou aanmeld, Saterdagoggend by die polisiekantoor ingestap. ’n Petrolbom en ’n mes was in hul boerkas, ook bekend as boei-boei, versteek.

Twee polisiebeamptes is in die hospitaal opgeneem en word vir hul beserings behandel.

‘n Vrou by wie die drie vroue die nag vantevore tuis gegaan het, word aangehou. Drie ander mense is by die huis van een van die aanvallers aangekeer.

Die polisie het nie gesê aan watter militante groep die vroue verbind word nie, maar ’n ooggetuie op die toneel het gesê die vroue het gesê hulle is lojaal aan Al-Sjabaab.

Hulle het ook Arabiese slagspreuke soos “Alla uAkbar” tydens die aanval geskree.

Die Somaliese groep Al-Sjabaab, wat bande met Al-Kaïda het, het aanspreeklikheid vir die aanval in Mombasa aanvaar en sê die aanval is ter vergelding vir die troepe wat Kenia na Somalië gestuur het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.