Duitse regering gebruik amptelik ‘volksmoord’ vir Herero-slagting

Deel op

Die Duitse regering se spesiale gesant vir onderhandelinge oor die 1904-1908 Duitse koloniale volksmoord in Namibië, Ruprecht Polenz, en sy Namibiese eweknie, Zed Ngavirue, het vanaf 5 tot 7 September in die Duitse hoofstad, Berlyn, vergader.

Dit is die vierde rondte van onderhandelinge tussen die twee lande.

Die Namibiese afvaardiging het verteenwoordigers van die geraakte gemeenskappe en hooggeplaaste regeringsamptenare ingesluit.

Volgens ’n kort verklaring deur die Duitse ambassade in Windhoek, het die samesprekinge in ’n “goeie en konstruktiewe atmosfeer” plaasgevind.

Die volgende rondte sal later vanjaar in Namibië plaasvind waar die Namibiërs waarskynlik sal probeer om geld uit die Duitsers te pers.

Maar die Duitse regering weier om “vergoeding” te betaal aan Namibië. Daar word gesê dat hulle “ontwikkelingshulp” sal gee.

Die dryfkrag agter die Duitse inskiklikheid om die Armeense volksmoord verlede maand te erken het gesê dat hy nou sal druk toepas in die Bundestag om te stem oor die Herero-volksmoord.

“Ek dink dit is ons plig om vinnig hierdie volksmoord ook te erken,” het Cem Özdemir (foto) van die opposisie Groen Party gesê.

Die Herero-volksmoord is “baie belangriker” vir die Duitse parlement omdat dit Duitse troepe was wat “die vernaamste sondebok was,” het hy gesê.

Erdogan, die Turkse president, het die Duitse parlement van skynheiligheid beskuldig om die moord op Armeniërs deur Ottomaanse soldate as volksmoord te beskryf, maar nie die uitwissing van die Herero deur Duitsers nie.

Dit is egter nou reggestel, en Angela Merkel het erken dat die Duitse regering voortaan amptelik na die Herero-slagting as “volksmoord” sal verwys. Dit is bevestig in ‘n skriftelike verklaring in die Bundestag na ‘n parlementêre vraag.

Die Duitsers het dus vir die eerste keer in die geskiedenis historiese skuld erken vir wat tussen 1904 en 1908 in Namibië gebeur het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.