Amerikaanse bomwerpers oor Suid-Korea in magsvertoon

Deel op

Twee groot Amerikaanse strategiese bomwerpers (foto) het Maandag oor Suid-Korea gevlieg as magsvertoon teen Noord-Korea wat onlangs die vyfde en grootste kerntoets ooit uitgevoer het.

Die supersoniese B-1B Lancers het die lugruim oor die VSA se Osan-lugbasis by Pyeongtaek, 64km suid van Seoel, omstreeks 10:00 (01:00 GMT) bereik.

Elke vliegtuig, van die VSA se Pacific Command by Andersen-lugmagbasis het opgestyg uit Guam, en is begelei deur Amerikaanse en Suid-Koreaanse vegvliegtuie.

“Vandag bied net een voorbeeld van die volle omvang van die militêre vermoëns en die aansienlike hulpbronne van hierdie sterk alliansie wat ‘n uitgebreide verdedigingstelsel bied en versterk”, het generaal Vincent Brooks, bevelvoerder van die Amerikaanse en Suid-Koreaanse gesamentlike magte gesê.

“Die kerntoets deur Noord-Korea is ‘n gevaarlike eskalasie en hou ‘n onaanvaarbare bedreiging in,” het hy bygevoeg en gesê die VSA het ‘n “onwrikbare verbintenis” om bondgenote te verdedig in die streek.

Die Amerikaners “sal die nodige stappe neem, insluitend die Hoëhoogtelugafweerstelsel oftewel Terminal High Altitude Air Defence (THAAD) na die Koreaanse skiereiland ontplooi”, het Brooks gesê.

Suid-Korea het in Julie planne om THAAD te ontlpooi aangekondig, ‘n gesofistikeerde Amerikaanse lugafweerstelsel om groeiende kern en missielbedreigings uit die Noorde teen te werk.

Maar China glo dit kan ook gebruik word om sy eie verdediging in gevaar te stel, en het ten sterkste beswaar gemaak.

Die plan het ook weerstand van inwoners van die suidelike provinsie van Seongju uitgelok, die beplande oprigtingsgebied.

Suid-Koreaanse opposisiepartye is teen THAAD gekant en sê dit kan eskaleer na ‘n wapenwedloop in die streek en bande met China benadeel.

Suid-Korea is die tuiste van sowat 28 500 Amerikaanse troepe en talle basisse.

Noord-Korea is intussen besig om te mobiliseer om die nagevolge van rampspoedige vloede, wat meer as 130 lewens geëis het, tienduisende huise verwoes en die infrastruktuur beskadig het, in die mees noordelike provinsie te bestuur.

Brigades soldate van oral in die land is opgeroep om slagoffers van die vloede wat op 29 Augustus begin het en deur die tifoon, Lionrock veroorsaak is, by te staan.

Volgens Noord-Koreaanse media is dit die ergste neerslae en sterk winde wat die land sedert 1945 getref het.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.