Taxi-staking lei tot geweld in Diepsloot

Deel op

Honderde pendelaars is in Diepsloot, noord van Johannesburg, gestrand gelaat weens ‘n taxi-staking in die gebied.

NUUT!

Die polisie patrolleer tans die lokasie na berigte van geweld.

Die stasiebevelvoerder van die Diepsloot Polisiestasie, Kwena Moitshela, sê die situasie is steeds gespanne.

Pendelaars probeer alternatiewe vervoerreëlings tref soos saamry-geleenthede na hulle werkplekke, maar daar was reeds voorvalle waar mense uit van dié voertuie geruk is.

Hy sê die polisie sal die situasie monitor, hoewel geen geweld tot dusver aangemeld is nie.

Fourways Review berig dat swaar verkeer op die R511 opgemerk is na gewelddadige protes deur taxibestuurders omdat pendelaars nie toegelaat word om privaatmotors te gebruik as vervoer nie.

Daar is bewerings deur die oproeriges dat drie bestuurders dood is in beweerde geweld in die afgelope week.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.