Aardskudding tref Tanzanië

Deel op

Minstens 13 mense is dood en 203 beseer toe ’n ­aardbewing van 5,7 op die Richterskaal die ­noordweste van ­Tanzanië getref het, het plaaslike owerhede Saterdag aan die nuusagentskap AFP gesê.

NUUT!

Deodatus Kinawilo, ­distrikskommissaris van Bukoba, ’n dorp naby die middelpunt van die aardbewing, het gesê die situasie is tans kalm en onder beheer.

Sommige mense is reeds uit die hospitaal ­ontslaan.

Inwoners van Bukoba het vroeër gesê ­sommige ­huise het ingestort, en ­Augustinus ­Ollomi, die ­Kagera provinsie ­polisiehoof in beheer van die distrik Bukoba, het gesê “reddingsoperasies is aan die gang”.

Volgens die Amerikaanse Geologiese Opname was die middelpunt van die aardbewing sowat 25 kilometer oos van die noordwestelike stad van Nsunga op die grens van die Victoriameer.

Die skudding is in Rwanda, Uganda en Kenia ook gevoel.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.