Bontpratery oor sportregulasies veroorsaak chaos

Deel op

Die chaos wat veroorsaak is deur gemengde boodskappe oor die omstrede sportregulasies waaroor vandag berig is, is die resultaat van die ANC se bontpratery oor sport. 

Die VF Plus-woordvoerder, Willie Spies, het gereageer op die herrie wat losgebars het nadat die adjunkminister van sport, mnr. Gert Oosthuizen, verkeerdelik te kenne gegee het dat die regering die omstrede sportregulasies wat die Sportminister tot ‘n sogenaamde “super keurder” proklameer, teruggetrek sou word.  Beeld en Die Burger het vandag berig dat Oosthuizen te kenne gegee het dat die regering nie voortgaan met die omstrede regulasies wat sal neerkom op blatante regeringsinmenging in spankeuses nie. 

Dit blyk nou dat Oosthuizen buite orde was en dat die regering wel van plan is om die regulasies deur te voer.  Spies het gesê die herrie wat ‘n reuse verleentheid vir die regering kan raak, is die gevolg van die ANC se dubbelpratery oor omstrede sake.  Die adjunkminister van sport speel lank reeds die rol van ‘n Judasbok wat minderhede moet oortuig dat die regering nie van plan is om met sport in te meng nie.  Die adjunkminister het egter die rol nou te ver geneem en ‘n reuse verleentheid vir homself en die Sportministerie veroorsaak. 

Die VF Plus het reeds meer as ‘n jaar gelede aan die regering kennis gegee dat enige poging van die minister om uitvoering te gee aan sy ingrypende magte wat die omstrede sport en ontspanningswet aan hom verleen, met ‘n internasionale veldtog by internasionale sportbeheerliggame begroet sal word.  Die party staan by hierdie dreigement en sal die beoogde regulasies fyn dophou.

mega jokerлобановский александр жена

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.