Dringende aansoek teen UV se huidige anti-Afrikaanse taalbeleid

‘n Dringende aansoek sal in die Hooggeregshof in Bloemfontein gebring word teen die inwerkingstelling van die Universiteit van die Vrystaat se taalbeleid vir 2017.

Afrikaans sal ingevolge dié beleid as onderrigtaal by die universiteit uitgefaseer word. Die Hooggeregshof het op 21 Julie beslis dat dié beleid ongrondwetlik is en dat die aanvaarding daarvan tersyde gestel moet word.

Die universiteit het egter ‘n versoek na die Appèl- én Grondwethof gestuur om teen die uitspraak te appelleer.

Die aansoek teen die implementering van die 2017-taalbeleid by UV is deur AfriForum en Solidariteit gebring.

Die adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, Alana Bailey, sê voornemende studente word in die duister gelaat oor die feit of hulle in 2017 wel vir studie in Afrikaans kan registreer terwyl die appèl nog hangend is.

“Ons sal baie graag wil sien dat die hof beslis dat die implementering van die 2017-taalbeleid gestaak word. Ons voel op die oomblik is dit ‘n baie groot skending van die studente se reg om te weet waarvoor hulle registreer vir volgende jaar. Veral die studente wat die eerste keer moet registreer by die universiteit, weet nie of hulle in Afrikaans gaan studeer of nie,” sê Bailey.

Intussen bly die bestuur se aanvaarding en inwerkingstelling van die nuwe beleid van krag hangende die howe se uitspraak.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.
  • Guest

    The usual low energy crap from the Afriforum Fat Team, wasting money and getting attention for it.

    • JESSEJAMES

      So jy wil seker hê dat Afrikaans afgeskaf moet word?

      • Guest

        No. But I won’t rely on Afriforum to save Afrikaans.

        • Kas

          Daar is ‘n beter kans dat Jesse James ‘n bank sal beroof as dat AfriForum Afrikaans wil red.

  • Het (standaard!) Afrikaans ‘n beter kans op oorlewing binne-in ‘n veelrassige eenheidstaat met veelrassige universiteite, of sal dit ‘n beter kans op oorlewing hê binne-in ‘n onafhanklike blanke volkstaat? Wie trek die meeste (dikwels finansiële!) voordeel uit hierdie alewige hofsake waarby die Soliforum-organisasie betrokke is? Wanneer ons poog om hierdie vrae te beantwoord behoort ons te besef dat die Soliforum-organisasies deel is van die probleem en nié van die opposing nie!