Skokkende beelde van Clinton wat ineenstort

Deel op

Terwyl dit beslis waar is dat gesonde mense soms flou word, sal dit ook dom wees om bloot te aanvaar dat ‘n persoon wat flou word op ‘n matige warm dag, blakend gesond is.

Dit sal nog dommer wees as juis daardie persoon wat voorheen flou geword het – aan harsingskudding en ‘n bloedklont – dan beweer dat ‘n Amerikaanse federale wetstoepassingagentskap haar beserings as ernstig genoeg beskou om belangrike leemtes in haar geheue te verskoon.

Ten slotte, is dit die absolute hoogtepunt van onsin om Hillary se woord te aanvaar oor haar eie “goeie” gesondheid.

Die skokkende toneel wys hoe Clinton inmekaarsak en die laaste meter tot in haar voertuig letterlik gesleep moet word deur haar veiligheidspersoneel, met haar bene wat onder haar ingee. Sy verloor ook ‘n skoen in die proses.

Haar span het daarna verslaggewers “heeltemal in die donker gehou vir 90 minute,” en na bewering enige een verbied om haar motor te volg.

Gegewe haar geskiedenis van aanhoudende, volgehoue, oorkoepelende, deurlopende en meedoënlose oneerlikheid oor feitlik elke aspek van haar persoonlike en openbare lewe, is dit regtig so ongeloofwaardig dat sy oor haar gesondheid ook sal lieg?

Al wat geloofwaardig sal wees, is ‘n onafhanklike mediese opinie oor Clinton se toestand. Deursigtigheid is nou dringend nodig en Clinton skuld die Amerikaanse kieser ‘n antwoord.

Hillary se gesondheidstoestand is ‘n probleem, maar haar span steek iets weg. Vrydag, tydens ‘n opvolgevaluering rakende haar langdurige hoes, is sy glo gediagnoseer met “allergië” en “longontsteking”, volgens haar dokter Lisa Bardack.

Die medikus het in ‘n verklaring gesê Clinton is op antibiotika, sy moet rus en haar skedule is aangepas.

Maar longontstekening het Clinton nie verhoed om roekeloos ‘n kind op straat te omhels in New York Sondag nie, ten spyte van die feit dat die siekte aansteeklik is. Sy is glo twee dae tevore gediagnoseer met longonstekening en het dus geweet sy kon die dogtertjie aansteek.

Clinton het met dié geleentheid aan die media vertel sy voel “wonderlik, net wonderlik”.

Andrea Mitchell het vroeër aan CNN gesê dat Hillary is “blakend gesond”, en enige kommer is deel van ‘n “Donald Trump-samesweringsteorie”.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.