VN, Israel sê Jodehaat op hoogste vlakke ooit

Deel op

Jodehaat en demonisering van Israel is op “die hoogste vlak van ons leeftyd,” sê Israel se ambassadeur by die Verenigde Nasies.

Danny Danon het by ‘n hoë-vlakvergadering oor antisemitisme Woensdag by die VN se hoofkwartier in New York gepraat.

“Oor ‘n derde van Europese Jode is bang om ‘n hoofbedekking of Ster van Dawid te dra in die openbaar,” sê Danon.

“Meer as die helfte van Franse Jode oorweeg om te emigreer omdat hulle nie veilig voel om as Jode in Frankryk te woon nie. Vandag hoor ons dinge oor Jode en die Joodse volk wat ons gedink het tot die bladsye van die geskiedenis hoort. … Anti-Semitisme is terug in die alledaagse lewe sonder skaamte.”

Danon het ook gesê sosiale media bied ‘n “nuwe soort bedreiging” in die sin dat anti-Semitisme baie vinnig globaal versprei.

“Die gebruik van die gereedskap van aanlyn sosiale netwerke om die Joodse volk en die Joodse staat te demoniseer, dit is Anti-Semitisme 2.0.”

“Die vyande van die Jode gebruik die gereedskap van moderne tegnologie om Jode regoor die wêreld te teiken en te teister,” het hy gesê, en bygevoeg dat die moderne wêreld die lewe makliker vir anti-Semiete maak want “al wat jy nodig het, is Wi-Fi, ‘n Facebookrekening, en ‘n diep haat vir Jode.”

“Dit is meer doeltreffend as die Protokolle van die Ouderlinge van Sion,” het hy bygevoeg.

Die VN se sekretaris-generaal, Ban Ki-moon het die forum via video toegespreek, en anti-Semitisme “een van die wêreld se oudste, mees deurdringende en dodelikste vorms van haat” genoem.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.