Hongersnood tref Nigerië

Deel op

Niemand weet hoeveel kinders van die honger in Nigerië sterf nie.

In vlugtelingkampe en gebiede wat te gevaarlik is as gevolg van die teenwoordigheid van die ekstremiste, volgens Dokters Sonder Grense, dreig ‘n humanitêre krisis van “katastrofiese” afmetings in die noordooste van Nigerië.

Boko Haram het sy greep verloor in sommige gebiede en van sy slagoffers begin te voorskyn tree.

“Dit is kinders wat basies honger was al hul lewens lank,” sê Jean Stowell, ‘n Amerikaanse dokter in beheer van die sentrum in Maiduguri, die streek se grootste stad. Die sentrum het vervierdubbel in grootte van 110 beddens in die afgelope weke.

Byna ‘n kwartmiljoen kinders is erg ondervoed omdat Boko Haram handel en boerdery ontwrig het. Sowat 2 miljoen mense in die streek kon nog nie bereik word nie.

Met Nigerië in ‘n resessie en sonder hulp van buite, dreig ‘n reuse hongersnood.

Nigerië se regering ondersoek verslae van amptenare wat voedselhulp aan die vlugtelinge steel.

Dokters Sonder Grense asook UNICEF se werkers word deur djihadiste geteiken.

In Bama, die streek se tweede grootste stad, sterf ses mense per dag van wanvoeding en diarree. In die vlugtelingkamp moet gesinne tevrede wees met vier handevol rys vir ‘n week.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.