UKZN eis dat wit visekanselier bedank

Deel op

Swart studenteleiers by die Universiteit van KwaZulu-Natal eis dat die visekanselier, dr Albert van Jaarsveld (foto) en die res van die senior bestuur bedank.

Die studenteraad se sekretaris-generaal, Sifiso Memela, sê die uitvoerende bestuur is “wanfunksioneel” met ooreenkomste met studente wat nie in werking gestel word nie.

Die jongste anti-wit krete kom nadat swartes die regsbiblioteek op die universiteit se Howard-kampus afgebrand het.

Die regsbiblioteek was 85 jaar oud en kosbare boeke is vernietig.

Hulle sê egter hulle is nie bereid om kompromieë aan te gaan oor hulle eis vir verteenwoordiging op die uitvoerende bestuur van die instelling nie.

Hulle eis ook dat klasgelde onmiddellik afgeskaf word sodat hulle gratis onderwys kan geniet.

Volgens Memela en ander swart leiers het die studente nou reeds geruime tyd probeer om al die beskikbare kanale te volg om die probleme by die instelling op te los.

Die studenteleiers het intussen ook gesê hulle is bereid om vreedsaam na hulle klasse terug te keer wanneer die vierde semester op die 20 ste van die maand begin.

Klasgeldverhogings en fooie bly steeds ‘n netelige kwessie waar die privaatsektor die universiteite sal moet bystaan indien hulle steeds wil inkoop by die heersende ideologie van swart uitnemendheid.

Vir die befondsing van universiteite is die regering tans die enigste bron van finansiële steun.

Swart sowel as wit studente sukkel om te betaal, en hoewel die privaatsektor kan help, is hulle traag om swart studente te ondersteun, en flink om wittes af te takel.

Daar steek ook geen waarheid in berigte ‘n student verkrag tydens die oproer nie, het die Universiteit van KwaZulu-Natal intussen in ‘n amptelike verklaring gesê.

“Dit is heeltemal onwaar, ons weet dit vir ‘n feit,” het UKZN se woordvoerder, Lesiba Seshoka aan eNCA gesê.

“Daar was ‘n berig van seksuele aanranding wat nie op die kampus plaasgevind het nie. Die persoon beweer dit is een van ons studente wat betrokke was, en as sodanig is ons ‘n belanghebbende party.”

Die EFF het die skuld vir die huidige krisis by die land se universiteite op die regering gepak.

‘n EFF-parlementslid, Leigh-Ann Mathys, sê ‘n regering wat omgee vir sy jeug sal hulle help om toegang te kry tot gratis, hoë kwaliteit onderrig.

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.