Regering trek omstrede sportwetgewing terug

Deel op

Die regering het 'n omstrede sportregulasie, wat aan die minister van sport, Makhenkesi Stofile, die mag sou gee om spanne te kan kies, teruggetrek, het Beeld Woensdag berig.

"Die regulasie sou effektief aan Stofile die mag gee om te kan sê wie as losskakel vir die Springbokke sou speel, of wie die openingsbouler sou wees vir die Proteas," het die Afrikaanse dagblad 'n senior regeringsbron aangehaal.

Die regulasies is in Desember aan sportfederasies gegee en die afsnydatum vir kommentaar was kort ná Kersfees.

Die voorstel is gepubliseer as 'n bylaag by die bestaande wetgewing oor sport en ontspanning, is Beeld Dinsdagaand meegedeel ná die regulasie teruggetrek is.

Die SA Rugby-president, Oregan Hoskins, het gesê die regulasie is heeltemal onaanvaarbaar.

"Ek het my reg om spanne te verander lank reeds prysgegee, sodat die finale besluit by die afrigter kan berus. Nou kan die regering kom besluit wie speel en wie nie?" het Hoskins gesê.

набор детской посудыЛобановский Харьков

Neem deel aan die gesprek en lewer gerus hier onder kommentaar!

L.W. U gebruik die Disqus-kommentaarafdeling op eie risiko en PRAAG, die redaksie of enige verwante persone of entiteite aanvaar geen verantwoordelikheid vir u kommentaar en watter gevolge ook al daaruit mag voortspruit nie. Terselfdertyd vereis ons dat u ter wille van beskaafdheid, redelikheid en die gerief van ander gebruikers, u sal weerhou van kwetsende taalgebruik, vloekwoorde, persoonlike aanvalle op medegebruikers, twissoekery en algemene "trol"-gedrag. Enigeen wat só 'n laspos word, sal summier verbied word en sy IP-adres sal insgelyks versper word. Ons sal ook nie huiwer om, waar nodig, kriminele klagte aanhangig te maak teen individue wat hulle aan dreigemente, teistering of intimidasie skuldig maak nie.